06 Absalon Luister na Verkeerde Begeertes
Feb 15, 2025 • Arette Burger
Hierdie storie gaan oor 'n prins met die naam Absalom wat slegte keuses gemaak het. Hy het nie na God geluister of sy pa, wat die koning was, gerespekteer nie. Die Bybel sê vir ons in Eksodus dat ons ons ouers moet eer. As ons dit doen, belowe God vir ons 'n goeie en lang lewe. Absalom het nie hierdie reël gevolg nie, en dit het tot probleme gelei. Die storie leer ons dat dit belangrik is om na God en ons ouers te luister, eerder as om net te doen wat ons wil. Wanneer ons aandag gee aan wat God sê, kan ons 'n gelukkige lewe hê en probleme vermy.
------
Eksodus 20:12 "Eer jou Vader en jou moeder dat jy lank mag lewe in die land wat die Here jou God aan jou gee."